Dr Geingob open Swapo se Sentrale Komitee-vergadering

Dr Hage Geingob in sy hoedanigheid as president van Swapo, het die mening verwerp dat die party verlede jaar se verkiesing eintlik verloor het. Hy het gepraat by Swapo se eerste Sentrale Komitee-vergadering sedert verlede jaar se plaaslike owerheids en streeksraadverkiesings. Volgens dr Geingob lei die party steeds die land al is dit met ‘n kleiner meerderheid.‘n Oomblik van stilte is tydens die vergadering gehandhaaf vir Swapo-leiers wat onlangs oorlede is.