Tatoeëermerk sal slimfone vervang – Gates

Die sagteware magnaat, belegger, en filantroop, Bill Gates, sê ‘n elektroniese tatoeëermerk sal uiteindelik slimfone vervang. Die medestigter van Microsoft het verwys na die elektroniese tatoeëermerke wat ontwikkel is deur die maatskappy Chaotic Moon, en wat ’n biotegnologie-gebaseerde tegniek is wat daarop gemik is om inligting van die menslike liggaam daardeur te ontleed en in te samel. Onder die data wat dié tatoeëermerk gaan stoor, is mediese en sportinligting, waarmee siektes voorkom en beheer kan word. Hoewel dié elektroniese tatoeëermerk nog in die ontwikkelingsfase is, is dit bekend dat dit tydelik op die vel aangebring sal word, met klein sensors wat inligting stuur en ontvang deur ’n spesiale ink wat elektrisiteit gelei. Volgens Gates moet die tegnologie verder ontwikkel word om slimfone te vervang.