Huldeblyke stroom in vir Warne

Verstomde voormalige en huidige spelers van Engeland het die Australiese ster Shane Warne as ‘n legende geloof. Hy is gister in Thailand op die ouderdom van 52 dood. Hy het vermoedelik ‘n hartaanval gehad. Die voormalige kolwer, Kevin Petersen, wat ‘n groot vriend van Warne was, het reageer in tipiese KP-styl met sterk taal, uitroeptekens en emoji’s, met die hutsmerk RIPKing. Ben Stokes, wat steeds speel, sê dit was ‘n eer om Warne te ken en saam met hom te werk. Die legendariese Ian Botham sê hy het ‘n groot vriend verloor op én van die veld af. Intussen het Australiese owerhede aangekondig dat Warne ‘n staatsbegrafnis sal ontvang.