Nampo Oesdag is terug na twee jaar!

Graan SA se Nampo Oesdag, die grootste landbouskou in die Suidelike Halfrond, is na ‘n twee jaar terug en word buite Bothaville, in die Vrystaat, aangebied vanaf 16 tot 20 Mei. Dit is die eerste keer wat die landbouskou oor vyf dae gehou word. Graan SA se kongres het tengunste gestem vir die skou se aanbieding met nakoming van enige regulasies wat daardie tyd van toepassing sal wees. Die 54ste Nampo Oesdag, wat as die hartklop van landbou in Suid-Afrika beskou word, bied ‘n unieke platform waardeur produsente kennis kan uitbrei en nuwe tegnologie en produktiwiteitsoplossings kan verken. Verder bied Nampo nie net ‘n geleentheid vir gesprek en dialoog nie, maar stel dit ook die publiek en ander rolspelers in staat om kommersiële landbou en voedselveiligheid en -sekuriteit in aksie te ervaar.