Ledetal is nou vir Sauma belangrik… vir verteenwoordiging

Ten spyte van teenkanting deur veral die Omaheke boeregemeenskap en inwoners, is daar tans 42 eksklusiewe prospekteerlisensies of aansoeke vir kernbrandstofminerale, wat 3,37 miljoen hektaar of 53,3 persent van die Stampriet-bekken dek. Een maatskappy, Zoya Minerals, wat tien groot eksklusiewe prospekteerlisensies besit, het onlangs ’n omgewingsklaringsertifikaat ontvang om eksplorasie-aktiwiteite te begin. Die impak wat grondwater besoedel deur uraan sal hê, strek tot in Botswana en Suid-Afrika. Die organisasie teen dié ontginning van uraan deur die loogmetode, Sauma, nooi lede van die publiek uit om gratis by hom aan te sluit. Kosmos 94.1 Nuus het met Divan Opperman, voorsitter van Sauma, gesels oor die impak wat besoedelde grondwater sal hê.