Lichtenstrasser (hopelik) vandag gevonnis

Ernst Lichtenstrasser sal vandag na verwagting in die Windhoekse hoërhof gevonnis word. Regter Christie Liebenberg het die saak Donderdag tot vandag toe uitgestel. Hy is reeds in November verlede jaar skuldig bevind aan die moorde van Eckhart Mueller en Heimo Hellwig, wat op 15 April 2019 by die NIMT-instituut se hoofkantoor in Arandis doodgeskiet is. Hy het die vonnisopleggings herhaaldelik vertraag, selfmoord gepoog, ‘n eetstaking geloods en meer. Hy het die regter gevra vir ‘n doodsvonnis of huisarres.