‘Sterkte’ vir die Swapo-lede wat hof toe wil gaan

Drie Swapo-lede het per prokureursbrief die party se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, gevra dat die Swapo Sentrale Komitee teen 4 Mei ‘n buitengewone kongres moet belê om ‘n nuwe Swapo-president te verkies. Indien nie, sal hulle die hof nader vir ‘n verklarende bevel in die verband. Reinhold Shipwikineni, Peter Shituula en Joshua-Vaino Martins sê Artikel 15(9) van die Swapo-grondwet is nie gevolg na die afsterwe van president Hage Geingob nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, gepraat wat sê dit is skokkend dat party-lede die Sentrale Komitee se besluite uitdaag.