Taliban wil strafmaatreëls soos teregstellings en die afkap van hande terugbring

Een van die stigters van die Taliban, Mullah Turabi, sê die beweging gaan strafmaatreëls soos teregstellings en die afkap van hande terugbring. Die internasionale media berig Turabi het in die verlede woede oor die Taliban se teregstellings ignoreer omdat dit volgens hom wette in pas met die Koran daar stel. Turabi sê hoewel teregstellings sal terugkeer, sal hulle nie noodwendig in die openbaar plaasvind nie. Vandat die Taliban in Augustus beheer oor Afghanistan oorgeneem het, wag die wêreld om te sien of die genadelose regering van die 1990’s weer gaan geld.