Die Springbokke word net-net geklop deur die All Blacks

Rugby: Die Springbokke het die 100ste wedstryd wat hulle teen die All Blacks gespeel het net-net met 19-17 verloor. Die rustydtelling was 13 – 11 in die guns van die All Blacks. Die twee geswore vyande het hulle Kampioenskapswedstryd gespeel in ‘n neutrale stadion in Townsville in Australië. Volgende Saterdag draf die twee spanne weer teen mekaar uit.