T20: Butler is ‘ongelooflik’ trots op oorwinning

Engeland se kaptein, Jos Butler, sê die span was ongelooflik in die aanloop tot hulle T20 Wêreldbeker-oorwinning in Australië. Hulle het Pakistan met vyf paaltjies verslaan en die eerste manspan geword om die 50- en 20-boulbeurt-titels gelyktydig te hou. Pakistan het 137 vir agt in hul 20 boulbeurte aangeteken met Sam Curran wat drie paaltjies laat kantel het. Ben Stokes het ‘n reuse-rol gespeel met sy onoorwonne 52 lopies van 49 balle. Engeland het hul teiken van 138 bereik met nog een boulbeurt oor. Butler sê hy is geweldig trots op wat hulle bereik het: