Nog eksplorasie om olie-bronne te bepaal

TotalEnergies mik om die beoordelingsproses van sy olievonds in die Oranje-bekken in die derde kwartaal van 2023 en die tweede kwartaal van 2024 te begin. Volgens kenners is daar steeds aansienlike ondersoek wat ingestel moet word na koolwaterstowwe gevind is om die ontdekking akkuraat te evalueer. Die maatskappy sal nog putte boor en monsters neem om die reservoir beter te definieer. Intussen het Shell het Northern Ocean’s Deepsea Bollsta gekontrakteer om boorwerk aan die kus van Namibië uit te voer onder ‘n kontrak van 12 maande. Volgens die Namibiese Vereniging vir Petroleumoperateurs het eksplorasiemaatskappye sedert onafhanklikheid meer as 30 miljard Namibiese dollar bestee op soek na kommersieel lewensvatbare olievondste. Namcor skat dat Namibië 5,6 miljard Amerikaanse dollar se inkomste vir die land kan genereer wat die land se ekonomie kan verdubbel. Bloomberg het dit teen 2040 op 11 miljard Amerikaanse dollar beraam.