Switserse hof bevind (tydelik) vir Caster

Die federale hooggeregshof van Switserland het die bevinding dat Caster Semenya haar testosteroonvlakke moet afbring om in die 400- en 800 meter te kan deelneem ter syde gestel tot Wêreld Atletiek insette lewer. Die reël is deur die hof vir arbitrasie in sport daargestel en het ook ‘n impak gehad op die twee Namibiese atlete Christine Mboma en Beatrice Masilingi. Semenya se prokureur Dorothee Schramm het aan media gesê dat hulle dankbaar is vir die tydelik beskerming van Semenya se regte.