Groot kleinhandelstaking begin vandag in SA

Lede van die Suid-Afrikaanse vakbond Saccawu het met ‘n onbepaalde landwye staking by die Massmart-groep begin. Massmart besit die Makro-, Game-, Builders Warehouse-, Rhino Cash and Carry-, Jumbo Wholesale- en Shield-winkels. Die vakbond se griewe handel oor onder meer salarisse, afleggings en werksomstandighede. Die vakbond se adjunk-sekretaris-generaal, Mduduzi Mbongwe, sê die groep se bestuur het geweier om ‘n algemene salarisverhoging van 500 Suid-Afrikaanse rand aan werkers toe te staan: