Switsers bevorder digitale landboutegnologie in Afrika

Die Mohammed die Sesde Politegniese Universiteit in Marokko en die Switserse Federale Instituut vir Tegnologie in Lausanne bied die Afrika-weergawe van die Toegepaste Masjien-geleerdheidsdae in Ben Guerir, Marokko, aan. Die driedaagse konferensie gee insig in hoe masjien-geleerdheid deur kunsmatige intelligensie aangewend kan word om probleme in gesondheidsorg en landbou op te los. Die geleentheid skep ook ‘n nuwe verbintenis tussen Switserland en Afrika, en is ‘n geleentheid vir die uitruil en bevordering van die gebruik van digitale tegnologie in landbou.