Walvisbaai se krane vir die vierde dag droog

Inwoners van Walvisbaai sit steeds met hul hande in die hare nadat dié kusdorp se krane vandag vir die vierde dag steeds droog is ná ‘n watertoevoerpyp beskadig is. Die 40-jaar oue pyp het ‘n lekkasie wat glo vanoggend vroeg deur die kontrakteur herstel is. Omdat al die reservoirs en watertenke leeg, is, sal dit ‘n wyle neem om die water daarna te pomp en ten volle te hervul. Volgens die Walvisbaaise munisipaliteit sal die watertoevoer na die hele Walvisbaai na verwagting teen vanmiddag herstel wees.