Spanje sluit lugruim om botsing met rommel van Chinese vuurpyl te verhoed

Spanje het besluit om dele van sy lugruim oor Katalonië te sluit om ‘n botsing te voorkom met rommel van ‘n Chinese vuurpyl wat uit die ruimte terugkeer. Die kragtige Long March 5B is dié week gelanseer om die laaste module te lewer van die land se ruimtestasie wat tans saamgestel word. Internasionale media berig die Europese Unie se Ruimtetoesig- en opsporingsdiens verwag rommel wat die aarde se atmosfeer binnedring sal in die Atlantiese Oseaan land. Die diens waarsku egter die noordelike dele van Spanje en Portugal, en die suide van Italië, is ook moontlik op die trajek.