Swartbooi maak lelike aantygings oor geld vir Saara, Pohamba se veldtogte

Die leier van die Landless People’s Movement Bernadus Swartbooi sê hulle eis ‘n ondersoek na die befondsing van beide eerste minister Saara Kuugongelwa-Amadhila en Pohamba Shifeta se veldtogte om as vise-president van Swapo verkies te word. Volgens Swartbooi kom daar na bewering geld van Dubai vir Kuugongelwa-Amadhila se veldtog terwyl fondse van die Omgewingsbeleggingsfonds vir Shifeta gebruik word.