Jongste oor konflik met Kunene-leeus

Konflik met leeus in die verre noordweste van die land duur voort. Die Namibian Lion Trust doen uitstekende werk om die konflik te mitigeer en staan boere by met verskeie meganismes. Die direkteur van die trust, Tammy Hoth, sê die grootste uitdaging is die tekort aan prooidiere vir die leeus, veral met die lang, uitgerekte droogtes. Maar, dinge verbeter effe.