Regulasies rondom olie-lisensies word aangepas

Plaaslike media berig dat die minister van myne en energie Tom Alweendo bevestig het regulasies rondom die aansoek vir olie-eksplorasie lisensies aangepas word om lisensie-houers te verbied om lisensies te verkoop. Wat die lisensie-houers doen is om die regte aan te koop en dan normaalweg teen ‘n reuse-wins te verkoop. Prominente sakelui in Namibië doen dit gereeld. Die praktyk is ook algemeen in die eiendomsbedryf waar eiendomme of op plan aangekoop word en dan ten duurste verkoop wanneer die ontwikkeling klaar is, of wonings word spotgoedkoop aangekoop, opgeknap verkoop. Alweendo het bevestig dat aansoeke nou ‘n begroting vir eksplorasie moet insluit sodat regte nie aan aansoeker gegee word as hulle geen doel het om eksplorasie te doen nie.