Swapo se koffers raak al leër

Swapo se koffers is nie so vol soos eens nie. Volgens die party se finansiële state wat by die kongres voorgelê is, daal die party se inkomste. Die verslag, wat deur BDO voorberei is, toon dat die party se inkomste van 97 miljoen Namibiese dollar in 2019 tot 71 miljoen dollar in 2022 gedaal het. Die party se netto surplus het ook gedaal van 17 miljoen dollar in 2018 en staan nou op ‘n tekort van 5,6 miljoen  dollar. Die party se leierskap sê die party-hoofkwartiere, wat ter waarde van 730 miljoen dollar gebou word, is verantwoordelik vir die swak finansiële vertoning. Regeringsbefondsing het ook van 95 miljoen dollar in 2018 tot 68 miljoen dollar in 2022 gedaal. Lidmaatskapfooie daal ook, van 1,9 miljoen in 2018 tot 1,7 miljoen vanjaar.