Nog ‘n gewelddadige aanval die naweek in die begraafplaas

Al hoe meer mense wat begraafplase in die hoofstad besoek word beroof en aangerand. Van die aanvalle is baie gewelddadig en word vooraf beplan. Oor die naweek is ‘n man en vrou aangerand, en van hul voertuig en besittings beroof. Sersant Ngobizwe Shipanga van die Stadspolisie sê lede van die publiek moet versigtig wees, veral nou, in aanloop tot die feesseisoen.