Swapo berispe struggle kids wat nie luister nie

Die Swapo sentrale komitee het die oorweging van die aansoek deur die sogenaamde struggle kids se vereniging, Neka, om ‘n Swapo-filiaal te word, uitgestel. Dit kom na Neka sy kongres, in weerwil van Swapo se instruksies, op Otjiwarongo gehou het. Die Neka-aansoek kom na Swapo erkenning gegee het ‘n vereniging van voormalige Plan-soldate. Neka bestaan blykbaar uit mense wat gedurende die vryheidstryd gebore is aan Swapo-lede en nou wees gelaat is. Die groep is nie vreeslik gewild onder die publiek nie en stel gereeld eise wat as onregverdig beskou word.