LP doen beroep dat embargo op Kuba gelig word

Namibië se geskiedkundige verbintenisse en bilaterale betrekkinge met Kuba het die Swapo parlementariër Shiimi Katoma genoop om ‘n mosie in die Nasionale Vergadering voor te lê vir Namibiërs om Kuba te ondersteun. Amerika het in 1960 ‘n handelsverbod op Kuba ingestel, wat Kuba se ekonomie aansienlik beïnvloed het. Huidiglik wil Amerika ‘n meer demokratiese Kuba hê, terwyl Kuba ‘n einde aan die embargo begeer. Katoma het ook gevra dat die gewraakte Amerikaanse basis op die eiland, Guantanamo Bay, toegemaak word.