Swakopmunders geruk deur ontploffing

Swakopmunders is vandag tydens etenstyd geruk deur ‘n ontploffing wat in en om Swakopmund gehoor is. Die ontploffing was weens skietwerk wat deur Nam Ex by Namibia Construction se steengroef net buite die dorp op die C34-pad uitgevoer is. Dit is deur Namibia Construction bevestig. Die polisie in die Erongo-streek was nie bewus van die ontploffing nie. Die Swakopmund-munisipaliteit het egter kennisgewing gegee dat ontploffings Donderdag tussen 12-uur en vyf-uur uitgevoer sal word.