Voorkomende maatreëls teen bek-en-klouseer in Wes-Kaap uiteengesit

Die DA in die Wes-Kaap sê die provinsiale departement van landbou het sy voorkomende maatreëls om bek-en-klouseer hok te slaan uiteengesit. Veeartsenybeamptes van die departement voer inspeksies uit by padblokkades, waarin vee vir simptome nagegaan en vee-identifikasiedokumente geverifieer word. Die DA-lid, Andricus van der Westhuizen, sê dit help om te verhoed dat besmette diere in die provinsie beland.