Swakopmund Hotel & Entertainment Centre heropen Vrydag

Nadat die Swakopmund Hotel & Entertainment Centre vir byna 21 maande gesluit was weens die Covid-pandemie, maak die bekende ikoniese hotel weer sy deure vir gaste op 17 Desember oop. Die besluit om die hotel te heropen is weens die besige feesseisoen wat langs die kus verwag word. Die 155 personeellede is baie opgewonde oor die heropening. Robert Hudson, Legacy Hotels and Resorts se hoofbedryfsbestuurder, sê die casino is reeds oop.