Meer mense, minder ekonomiese aktiwiteite

Drie dekades later in Namibië se sosio-politieke en ekonomiese bedeling, is dit duidelik dat die armoedesiklus, ongelykheid en werkloosheid erger geword het, wat jeugproteste teen werkloosheid ontketen het. Armoede is een van die grootste uitdagings waarmee baie gemeenskappe in Namibië te kampe het en Okahandja in die Otjozondjupa-streek is geen uitsondering nie. Volgens ‘n aktivis van Okahandja, Sydney Gariseb, groei die bevolking van die dorp en die ekonomiese aktiwiteite neem af, wat mense op straat laat.