Mense van SA-stigting help 70 plaasgemeenskappe

Twee volhoubaarheidsprojekte wat plaasgemeenskappe met sakeondernemings verbind, sal vroeg volgende jaar in KwaZulu-Natal van stapel gestuur word, waarna meer sulke projekte in Suid-Afrika gevestig sal word. Die projekte het ten doel om duisende werksgeleenthede te skep. Die stigter van die Mense van Suid-Afrika-stigting, Gil Martin, sê hul Reën-veldtog sal op 7 Januarie 70 gemeenskappe in Suid-Afrika met kospakkies vir die nuwe jaar bystaan. Sowat 26 hiervan is plaasgemeenskappe wat swaarkry weens die droogte. Ander volhoubaarheidsprojekte sal ook van stapel gestuur word om plaasprodukte te versprei.