VSA moet Rafah-inval keer

Die Palestynse president Mahmoud Abbas sê hy glo die VSA is die enigste land wat ‘n Israelse inval in Rafah kan keer. Bemiddelaars is onder druk om ‘n wapenstilstand in Gaza te verseker, te midde van vrese vir ‘n dreigende inval in Rafah, waar meer as ‘n miljoen mense skuil. Israel se ministerie van Buitelandse Sake sê hy kan slegs die inval laat vaar as daar ‘n gyselaarsooreenkoms is. Abbas sê ‘n aanval op Rafah sal ‘n ramp wees want die Palestynse bevolking sal uit die Gaza-strook moet vlug wat hulle op die oomblik nie mag, of kan nie.