Een Covid-stefte, 241 nuwe gevalle aangemeld

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte in Windhoek aangemeld, asook 241 nuwe gevalle uit 1 302 toetsuitslae wat ‘n positiewe koers van 18,5 persent verteenwoordig. In die groep is 12 leerders, agt gesondheidswerkers, sewe studente en twee onderwysers. Daar is nou 3 392 aktiewe gevalle, waarvan 72 pasiënte in hospitale is en drie in hoësorgeenhede. Altesaam 214 kinders tussen 12 en 17 jaar oud het hul eerste dosis Pfizer-entstof ontvang en 326 185 persone is ten volle ingeënt.