Swakop Straatkermis bevorder ekonomie: Meyer

Die Swakopmund Straatkermis in Daniel Tjongarerolaan het afgeskop en duur tot Saterdag. Die munisipaliteit het die straat afgesluit om die geleentheid te akkommodeer, die dorp as ‘n uitstekende vakansiebestemming ten toon te stel en die ekonomiese voordele van toerisme uit te lig. Die straatfees spog met 150 stalletjies van uiteenlopende aard, met die fokus op kos, bykomstighede, gesondheidsorg, skoonheidsprodukte, kinderaktiwiteite en speletjies. Die direkteur van SMEs Compete, Danny Meyer, beklemtoon die straatkermis se rol in die bevordering van ekonomiese groei.