Skryf onakkurate skuld af, hoor munisipaliteit

Die DA in KwaZulu-Natal maan die eThekwini Munisipaliteit om die onakkurate skuld af te skryf wat onlangs deur belastingbetalers opgedoen. Die party sê dit is direk veroorsaak deur die stad se foutiewe fakturering, hoë rekeninge, uitgerekte dispute en betalings onder dwang, wat ‘n algemene verskynsel geword het. Yogis Govender van die DA sê weens die munisipaliteit se omstrede inkomstebestuurstelsel, wat ‘n paar jaar gelede in werking gestel is, is baie belastingbetalers woedend omdat hulle jaar na jaar met geskatte, onakkurate rekeninge sit.