Swakop-konstruksie vertoon beter as Windhoek s’n

Die Swakopmund-munisipaliteit het 58 bouplanne in Mei goedgekeur teenoor 95 in die vorige maand, ‘n daling van amper 39 persent. Maar, volgens ‘n ontleding  deur Simonis Storm, is dit amper 29 persent hoër vergeleke met Mei verlede jaar. Die planne, waarvan die meerderheid residensiële bouplanne is, is 44,7 miljoen Namibiese dollar werd. Die voltooiingsyfers vertoon beter in Swakopmund as in Windhoek en styg elke maand sedert Februarie vanjaar. Simonis Storm sê dit toon beter konstruksie-aktiwiteit aan die kus as in die hoofstad.