Gaan koop vir jou ‘n stukkie geluk…

Die Dierebeskermingsvereniging gaan volgende week ‘n landswye aannemingsveldtog van stapel stuur. Op die oomblik versorg die vereniging ‘n groot aantal diere en die publiek word uitgenooi om ‘n nuwe lid van die gesin aan te neem, eerder as om een iewers te gaan koop. Hanna Rhodin, die vereniging se direkteur, het meer inligting.