Beurtkrag is die week terug

Eskom het aangekondig hy gaan fase twee-beurtkrag tussen tienuur vanoggend en middernag vanaand in werking stel. Van môre tot Sondag sal fase twee-beurtkrag tussen vyfuur soggens en middernag van krag wees. Die Eskom-woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê dit is te wyte aan vier opwekkingseenhede wat vanoggend onklaar geraak het en bydra tot die kapasiteitsprobleme. Hy sê daar is ‘n moontlikheid dat beurtkrag dalk tydens die aandspitstye verhoog sal word: