Israel sê 100 000 moet uit Rafah ontruim

Die Israelse weermag sê hulle het aanvalle in die ooste van Rafah uitgevoer, nadat hulle sowat 100 000 burgerlikes versoek het om die gebied te verlaat. Luidens berigte is geweervuur aan die Egiptiese kant van die Rafah-grens gehoor. Dit volg nadat Hamas ‘n skietstilstand aanvaar het, wat deur Israel verwerp is, omdat dit nie aan sy eise voldoen nie. Die VSA sê hy fokus daarop om groot militêre operasies in digbevolkte gebiede soos Rafah te voorkom.