Swak rand en sterk dollar is nie alles slegte nuus nie

Die verswakking in die Suid-Afrikaanse rand en Namibiese dollar teenoor die Amerikaanse geldeenheid is nie alles slegte nuus nie. Die rand het skerp teruggesak met die gryslys status van die buurland met die Amerikaanse dollar wat intussen versterk het as gevolg van ‘n verwagte groter verhoging in die Federale Reserwebank se rentekoers. Maar, swakker geldeenhede is ook in aanvraag, soos die Unam-ekonoom, dr. Omu Kakujaha-Matundu verduidelik.