Schlettwein sê groenskema-model sal by Neckartal gebruik word

Die Namibiese landbouminister Calle Schlettwein in tans in die Suide op ‘n amptelike besoek om die Neckartaldam-projek te finaliseer. Hy sal met die Karas-goewerneur Aletha Frederick sowel as boere en gemeenskapsleiers vergader. Hy het die gemeenskap toegespreek oor die beplande besproeiingsprojek waarvoor 11 000 hektaar al bekom is.