Namport skenk reddingsbaadjies aan vloed-slagoffers

Die Namibiese hawe-owerheid Namport reddingsbaadjies ter waarde van 210 000 Namibiese dollar aan vloedslagoffers van die Okatjali-kiesafdeling in die Oshana-streek geskenk. Die kiesafdeling is swaar getref deur die onlangse vloede wat in die noordelike deel voorgekom het. Joseph Mupetami, streeksraadslid van die Okatjali-kiesafdeling, sê die skenking word verwelkom omdat die risiko vir verdrinkings in die gebied baie hoof is. Die Hidrologiese Diens sê die vloedwaters neem effe af maar, dat dit steeds baie gevaarlik is.