Superintendent van Rundu-hospitaal bedank

Die mediese superintendent van die Rundu-staatshospitaal, dr. Joseph Mukerenge, het bedank. Kavango-Oos se gesondheidsdirekteur,T imea Ngwira, het volgens plaaslike media Mukerenge se bedanking Woensdag ontvang. Sy het gesê sy het hom probeer oortuig om te bly, want dit is ‘n slegte tyd vir die hospitaal tydens die Covid-pandemie. Ngwira sê dit sal moeilik vir die hospitaal wees om ‘n plaasvervanger te vind en die streek het slegs ‘n paar Namibiese dokters.