Drankbedryf verheug oor verslapte maatreëls

Namibiese President Hage Geingob het vandag sommige Covid-maatreëls verslap. Die nuwe regulasies tree op Sondag 1 Augustus in werking. Hy het reisinperkings tussen streke gelig en 50 persone word by openbare byeenkomste toegelaat. Die aandklokreël is nou vanaf tien-uur saans tot vier-uur soggens. Drankverkope is steeds beperk tussen nege-uur soggens en ses-uur saans Maandag tot Vrydag behalwe vir inslaapgaste. Horst Heimstadt, die koördineerder van die Selfregulerende Alkoholbedryfsforum, het aan Kosmos 94.1 gesê die drankbedryf is dankbaar oor die regulasies.