Britse stapper se liggaam in Pirenese berge gevind

Die maande lange soektog na ‘n Britse stapper het hartseer geëindig toe oorskot wat in die Pirenese berge gevind is, as hare uitgeken is. Die 37-jarige Esther Dingley het in November verdwyn toe sy op die grens tussen Spanje en Frankryk gestap het. Sy en haar lewensmaat het die afgelope sewe jaar met ‘n kampeerwa deur Europa getoer, maar sy was alleen toe sy verdwyn het. Volgens internasionale media is ‘n menslike been verlede week in die berg gevind en ‘n DNS-toets het Dingley se identiteit bevestig. Ondersoekers probeer vasstel wat met haar gebeur het.