Suid-Afrika se Covid-19-sterftesyfer die laagste in maande

Suid-Afrika het die laagste daaglikse Covid-19-sterftestsyfer in maande aangemeld. Die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes sê twaalf virus-verwante sterftes is gister aangemeld. Die aantal nuwe gevalle staan op 300, vergeleke met Vrydag se totaal van 475. Nege pasiënte is tot hospitale toegelaat. Die gaping tussen die provinsies wat die meeste nuwe gevalle aangemeld het, het ook vernou. Gauteng het 19-persent van die nuwe gevalle aangemeld, die Wes-Kaap 17-persent, en KwaZulu-Natal 16-persent.