Die Eagles pak Afghanistan vandag

Krieket: Die Namibiese Eagles stap vandag in die 27ste wedstryd van die T20 Wêreldbeker-reeks op die veld teen Afghanistan in Abu Dhabi. Die wedstryd sal die vierde Super 12-wedstryd wees wat in die Sheikh Zayed-krieketstadion gespeel word en daar is groot opgewondheid onder Namibiese krieketondersteuners vir die kragmeting wat 12h00 Namibiese tyd begin.