Twee verdagtes nog soek na aanval op bejaarde dokter van Swakopmund

Die Namibiese Polisie is op soek na tweede verdagtes, Andreas David Gliso en Kleopas Vetso in verband met die aanval op ‘n 73-jarige dokter van Swakopmund. Die publiek word ook versoek om op die uitkyk te wees vir die slagoffer se rooi VW Polo Vivo, registrasienommer N1198R, waarin die verdagtes gevlug het. Dr. Sean de Jager is gewelddadig aangeval toe hy twee van sy aangenome seun se vriende in sy huis toegelaat het. Dié voorval is die jongste in ’n vlaag gewapende rooftogte en moorde wat bejaardes teiken in die kusdorp. Enigiemand met inligting wat kan lei tot die opsporing van die verdagtes en motor kan hulle naaste polisiestasie kontak.