Studie vir ‘n voerkraal en abattoir vir Lüderitz

‘n Omgewingstudie sal vir Benguella Wealth Farming CC uitgevoer vir hul planne om ‘n abattoir en voerkraal op ‘n erf by Lüderitz te bou en te bedryf. Die bedryf sal insluit die ontvangs en slag van lewende hawe, die prosessering van karkasse, ‘n abattoir en koue stoorgeriewe vir vleisprodukte. Die vleisprodukte sal aan verskeie kliënte en winkels in die dorp gelewer word. Belanghebbende partye moet by die omgewingskonsultant Geo Pollution Technologies voor 10 Maart registreer.