Studente-vakbonde keelvol vir NSFAF

Studente-vakbonde is keelvol vir die Namibiese Studente Hulpfonds. Die fonds het nog nie die name bekend gemaak van meer as 23 000 aansoeke wat wel suksesvol was vir befondsing in die huidige akademiese jaar nie. Ongeveer 16 000 sal kwalifiseer. Die fonds het luidens berigte gesê dat aansoeke noukeurig nagegaan word. Intussen sê die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, dat die fonds beweer meer as twee-derdes van studente het verkeerde inligting by hulle aansoeke aangeheg wat die vakbond sê onmoontlik is. Dit is ook volgens Nanso skokkend dat die fonds dit nou eers agterkom. Die vakbond het ook gesê dat aansoeke om twyfelagtige redes van die hand gewys is en studente wat afgewys is moet by hom aanklop.