Napwu-aansoek van die hand gewys, verkeerde hof

Die aansoek van die openbare werkers vakbond Napwu teen die NBC, is deur die adjunk regter-president Hosea Angula van die rol verwyder. Volgens Angula is dit in die verkeerde hof gebring. Die aansoek, wat op ‘n dringende basis gebring is, het gesê dat die nasionale uitsaaier die bepalings van die September 2011 ooreenkoms wat hy met die vakbond het, oortree het. Dus het hy gesê die NBC moet die werkers wat gestaak het se salarisse betaal. Dit is nie op die oomblik duidelik of die vakbond die aansoek in ‘n arbeidshof sal bring of nie.