Ek het nie geweet die Guptas steel nie – Gigaba

Die voormalige Suid-Afrikaanse minister van openbare werke, Malusi Gigaba, sê daar is niks wat hom met staatskaping verbind nie. Hy het aan die staatkapingskommissie gesê om die Guptas te ken, maak hom nie aandadig aan hul onwettige aktiwiteite nie. Die omstrede familie het na bewering glo 57 miljard Suid-Afrikaanse rand onwettig uit staatondernemings gebuit. Gigaba sê hy het nie geweet die Guptas het tydens sy tyd as minister onwettig voordeel getrek uit kontrakte van onder meer Eskom en Transnet nie: