Storm Ida se dodetal styg drasties

Die dodetal weens die verwoesting van Storm Ida in Amerika het tot minstens 45 gestyg. Die noordooste van die land is geteister deur kitsvloede en tornado’s en die sterftes het in ses state voorgekom, waaronder minstens 23 in New Jersey. President Joe Biden het reeds ‘n ramptoestand afgekondig in New Jersey en New York. Hy sê ‘n geskiedkundige belegging is nodig om die klimaat-verwante verwoesting in die land te hanteer.